Lig-kuns

Die rolprent, ‘The Great Gatsby’ is ‘n aanpassing van F Scott Fitzgerald se gelyknamige boek wat in 1925 gepubliseer is – en aanvanklik nie juis populêr was nie. Eers na sy dood in 1940, en ná die Tweede Wêreldoorlog het die boek beroemd geword en was vir etlike dekades lank ‘n voorgeskrewe werk in skole se curriculum. Deesdae word dit as een van die klassieke literêre skeppings gereken.

Volledige storie
‘Hallo daar! My naam is Pi Patel. Ek is alleen iewers in die oseaan, op ‘n vlot … saam met ‘n tier. Kan iemand asseblief help?’ In hierdie resensie gaan ek nie die storie oorvertel nie, eerder enkele aspekte van die fliek uitlig en bespreek.
Volledige storie
 ‘Die Wonderwerker’ is nie ‘n biografie oor die lewe van Eugène Marais nie. Dit het Leon Rousseau reeds in ‘Die Groot Verlange’ gedoen. Maar, miskien met die ‘Groot Verlange’ in die agterkop, bied Katinka Heyns ‘n uiters sensitiewe blik op een episode in hierdie befaamde Afrikaanse digter-cum-wetenskaplike se lewe. Volledige storie

Verskillende omstadighede gooi ‘n groepie Britse bejaardes in dieselfde bootjie – of liewers, op dieselfde vliegtuig – op pad na Jaipur in Indië. In die nuut-gerestoureerde ‘Exotic Marigold Hotel’ gaan hulle lafenis vir oue siele vind – Indië is immers soveel goedkoper as Brittanje. Die advertensie belowe palmbome, koel kabbelende fonteine, en private kamers wat volledig met elke denkbare luukse toegerus is.

Volledige storie

Behalwe vir enkele minute heel aan die einde, is The Artist ‘n stilprent van nagenoeg 100 minute lank. Alles is swart-en-wit, tipies van die stilprente van die vroeg twintigste eeu. Die hele fliek word gedra deur musiek en veral deur mimiek. Jean Jujardin as George Valentin en Bérénice Bejo as Peppy Miller is albei skitterend, maar die held en hartedief van die verhaal is Uggie, die brak. Verder is dit baie duidelik dat die regisseur, Michel Hazanavicius goeie navorsing oor die genre van die stilprent gedoen het.

Volledige storie

1963. Jackson. Mississippi. Een jaar voor die Wet op Burgerregte.

   Skeeter – oftewel Eugenia Phelan (Emma Stone)– het pas afgestudeer as joernalis. Sy kry ‘n netelige betrekking by ‘n plaaslike koerant: huishoudelike probleme. Soos hoe om uie te skil sonder dat jou oë traan. Hiervan weet sy niks. Sy gaan kers opsteek by Aibileen Clark, haar beste vriendin se huishulp. Maar Skeeter het ‘n ander ideaal. Sy wil ‘n boek skryf. Oor hoe swart huishulpe die wit vroue waarneem in wie se huise hulle werk.

Volledige storie

Thor behaal tans baie goeie punte op die lys van populêre rolprente. Weens my belangstelling in mites en mitologie, kon ek die fliek dus nie misloop nie. My wonderwêreld waarin ek onwrikbaar glo, gaan uiteindelik werklikheid word: daarvoor gaan ‘surround sound’[i] en ‘n 3-D brilletjie sorg!

Volledige storie