Op 8 April vanjaar het prof Dirk Human sy intreerede as hoof van die Departement Ou-Testamentiese Wetenskap aan die Universiteit van Pretoria gelewer. Sy tema was, ‘Nature and value of Old Testament Studies for Theology’ en sy rede het uit twee dele bestaan. Eers het hy iets oor die aard en die waarde van die Ou Testament gesê en toe het ‘n beskrywing van die departement se aktiwiteite en vooruitsigte gevolg.

 Die Ou Testament se groot waarde

Human is baie bewus van die Ou Testament se teologiese aard, dat dit deel van die teologiese wetenskap is en dat dit ‘n besondere bydrae tot die Sache van die teologie kan lewer. Hy begin toe om eers die waarde van die Ou Testament te beklemtoon. Geen ander boek in die westerse wêreld het so ‘n impak op die wêreld gehad as die Ou Testament nie. En die rede daarvoor is omdat mense hulle eie ervaringe in die Ou Testament kan terugvind: ‘The OT provides a mirror for contemporary readers to recognize their own doubt or joy, anguish and pain, brokenness, frailty, vengeance or forgiveness, relief, hope or thankfulness, and many more’. En dit kan ook nie anders nie want in die Ou Testament vind ons die deurleefde ervaringe van gewone mense wat ook bang of gelukkig was en wat daarom nou nog mense aanspreek.

Dit bly ‘n moeilike boek

Al spreek die Ou Testament nou nog tot mense in hulle konkrete menslike bestaan, is die dit egter nie so ‘n maklike boek nie. Volgens Human moet ons die Ou Testament eerder verstaan as ‘n versameling van verskillende Gattungen (of genres) soos prosa en poësie, liedere en geskiedenis, profesie en apokaliptiek, en nog vele ander. En om al dié dinge te verstaan, is kennis van Hebreeus en ander antieke tale nodig.

Om dinge nog moeiliker te maak, moet ons onthou die Ou Testament het oor ‘n baie lang periode ontstaan en het moeisaam van verskillende mondelinge fases tot ‘n finale gestalte gegroei. Hy gebruik die woord Fortschreibung om die voortdurende proses van oorskryf en verder-skryf te omskryf.

Meerdere outeurs het in verskillende tye aan hierdie skryfproses deelgeneem So het die profete nie self die boeke wat na hulle vernoem is, geskryf nie want hulle woorde is in verskillende tye geherinterpreteer en herskryf. Gevolglik kan ons nou nog hierdie verskillende historiese tye in boeke soos Amos, Hosea, Jesaja en al die ander raaksien.

Kortom: die Ou Testament het ‘n baie lang pad vanaf die eerste mondelinge woorde tot die eerste skryfsels tot die finale gestalte gevolg en as ons die Ou Testament wil verstaan, moet ons met hierdie pad erns maak. Ons moet begryp dat hierdie lang proses tot teenstrydighede, onsamehangende hoofstsukke en verskillende denkvorme aanleiding gegee het en met al dié dinge moet ons rekening hou as ons die Ou Testament wil verstaan.

Eksegese is alles

Voorop staan dat die Ou-Testamentiese Wetenskap ‘n tekswetenskap is, dat alles by eksegese begin en eindig, dat taalstudie (veral Hebreeus) onontbeerlik is, en dat hermeneutiek, godsdiensgeskiedenis, argeologie, ikonografie, ensovoorts baie belangrike hulpmiddels is.

Human het ook enkele beproefde benaderings tot die studie van Ou Testament bespreek. So byvoorbeeld lei die historiese kritiek die leser na die wêreld agter die teks terwyl ‘n struktuur-analise die aandag op die teks in sy finale gestalte fokus. Kortom: ‘three basic text hermeneutical perspectives determine the way how OT literature can be read, namely as historical documents, as aesthetic literary work or as the canon of a specific faith tradition’.

Daar is altyd nuwe uitdagings

Die wetenskaplike studie van die Ou Testament is nie so maklik nie en dit blyk ook uit die voortdurende nuwe uitdagings wat gestel word. Human noem ‘n paar:

die plek en funksie van die nie-kanoniese boeke en ander Joodse literatuur in die studie van die Ou Testament; die mondelinge en skriftelike vorme van die teks; die geskiedenis van Israel se literatuur en hoe dit in verskillende periodes verdeel moet word; die probleme met die historiese rangskikking van die tekste; die kanonprobleem, ensovoorts.

Ons noem nog twee belangrike uitdagings. Een is die skryfkultuur in Israel en die vraag wie nou uiteindelik vir die Ou Testament in sy huidige gestalte verantwoordelik was. Dit blyk alhoemeer dat die wordingsproses oor eeue plaasgevind het, dat die na-eksiliese tyd of die Tweede-Tempel-era besonder belangrik was en dat goedopgeleide skrywers uiteindelik alles bymekaargesit het.

Uiteraard het hierdie skrywers hulle eie magspel gespeel en hulle eie denke beklemtoon. Soos Human sê: ‘In order to control the texts, the scribes had memorized these texts, which they later cited or alluded to. The OT is thus the work of educated scribes (Schriftglehrten), who had elite status in the Israelite society and who were connected to the temple, and probably also to the royal court (2 Kgs 12:11; 2 Chron 24:11; Ester3:12; 8:9)’.

Die ander uitdaging het met die binne-Bybelse gesprek tussen verskillende boeke en denkrigtings te make. Human omskryf dit soos volg: ‘Inner-biblical debate characterizes the relationship between the three canonical parts and single books mutually. Written texts of later time periods often react to and comment on earlier texts as dense reflected literature. Examples include the discussion between Isaiah 65 and Eccesiastes 1, the debate between the book Ruth and pentateuchal texts on the interpretation of the levirate marriage and the care of foreigners (Ruth 1-4; Dtn 23-25); the book Jonah’s debate with earlier prophetic understandings of God’s rigid judgment and relation to foreign nations (Jonah; 1 Kgs 21:27-29; Nah); the theology of God’s grace in the book of Jonah in view of the pre-history (Urgeschichte) in Genesis 1-11; Ruth’s broadening perspectives on the role of foreign women and mixed marriages as reaction to Ezra (10) and Nehemiah (13)’.

Godsdiensgeskiedenis en teologie

Baie belangrik is Human se onderskeiding tussen ‘n teologie van die Ou Testament en ‘n godsdiensgeskiedenis van Israel. Vir hom is dit ‘n gegewe en almal moet daarvan kennis neem: ‘it remains imperative that OT scholarship keeps other theological disciplines and ecclesial circles aware of this difference. In the South African society, and especially in more conservative theological communities, the distinction between these two enterprises is not recognized or respected. Then the OT text is handled and read as historiography, and not as theology. This leads to various fundamentalistic assumptions and misinterpretations of the text’.

Dieselfde geld vir die etiese dimensie van die Ou Testament. Daar is nie net een voorgeskrewe weg nie, maar verskillende moontlikhede en daarmee moet ‘n mens rekening hou: ‘Different emphases of Hebrew ethical thinking are evident from different canonical parts, compositional layers or units, literary genres, time periods and social groups. Various methods assist in constructing or describing Old Testament ethics, for example the so-called referential, literary, appropriative and socio-historical approaches. But the most appropriate way to deal with Old Testament ethics is to make it a descriptive and reflective endeavour.

Human se ideale vir die departement

Die tweede deel van Human se intreerede is aan die toekoms van Departement Ou Testament, waarvan hy die hoof is, gewy. Sy ideale blyk veral uit sy visie vir die departement: ‘OT Studies formulates its academic vision to present excellent education in Old Testament Studies, to conduct world recognised research on selected Old Testament study fields; to deliver meaningful service in the community; and to pursue ongoing staff development and specialisation. In realising this vision the Department commits itself to the mission of innovative and excellent enquiry-led teaching and learning for under- and postgraduates; quality research by personnel; promoting a relevant and structured research culture for postgraduate students and research fellows; increasing its international profile and involvement, especially with African contextual activities; constructive community involvement in broader communities on a local and national level, and ongoing personal and academic development of staff members  to create a working environment which stimulates creativity and a happy workforce’.

Hierdie ideale wil hy met oorgawe en met sy relatiewe jong personeel nastreef en ‘n werklikheid maak. Hierdie lede is Dirk Human, wat op die psalms en die poëtiese literatuur fokus; Alphonso Groenewald, wat hom aan die psalms, die profete literatuur en veral Jesaja wy; Sias Meyer, wat veral in die Pentateug spesialiseer en dan Ananda Geyser-Fouché wat haar aan die belangrike Tweede Tempel-literatuur en die Qumrangeskrifte wy. Daar is ook deeltydse kollegas soos Jurie le Roux, Gerda de Villiers en Samson Ndoga.

Human het ook melding van die ‘pro’s’, soos ons dit noem, gemaak. Dit is die seminare of kongresse Pro Pent, Pro Psalms en Pro Profete wat elke jaar plaasvind en wat eintlik enig in sy soort in Suid-Afrika is. Hy het ook projek vir die studie van die Tweede Tempel-literatuur genoem wat deur Piet Venter begin is en wat nou deur Ananda Geyser-Fouché voortgesit word.

Slotwoord

Dirk Human is ‘n deurwinterde akademikus wat hom reeds nasionaal en internasionaal as ‘n uitstekende Ou Testamentikus onderskei het en ook reeds talle publikasies die lig laat sien het. Daar bestaan geen twyfel dat hy sy departement tot nog groter hoogtes sal voer nie en daarom is die slotwoorde van sy intreerede nogal belangrik: ‘The Department is committed to explore and pursue all possibilities in cooperation with the Faculty, the dean and ecclesial partners during my term as HOD to instill diversity and transformation as a value at different levels … By attaining all the knowledge we can and all the skills we collect nationally and internationally, this Department strive to be a Department of Old Testament Studies in Africa at a world ranking Faculty and University of Africa. Together with the ecclesial partners this Department strives for academic excellence!’.

 

 

 

 

 

 

 

 

Share this / Deel hierdie: