Die Pieke wissel in ‘n kwepergloed

wat appels en laaste druiwe voed;

die wingerde verroes tot rooi pontak

terwyl uit eikebome koperblare sak.

Die bye en jangroentjies steek suikerkanne

En kerse van die populiere brand. Ontspanne

Drink jy vonkelwyn en koer: op die dak

Lê reeds die rye boerpampoene weggepak.

Nou met broccolie, blomkool en sampioene

Spriet ‘n dieper drif en soet uit suurlemoene;

Jy smul aan borriepatats en, gesmoor of gerook,

Voel jy in jou die eerste snoek wat loop.

Share this / Deel hierdie: