• Tuis
  • Vaktydskrifartikels
  • HTS-artikel: Isaiah 36–39: Rethinking the issues of priority and historical reliability

HTS-artikel: Isaiah 36–39: Rethinking the issues of priority and historical reliability

 

 

 

Isaiah 36–39: Rethinking the issues of priority and historical reliability

 

Outeurs: Joel E. Anderson and Pieter M. Venter

 

Jesaja 36–39 vorm ‘n koherente literêre eenheid. Dit is ‘n ouer teks as II Konings 18–20 en is ‘n histories-betroubare interpretasie van die gebeure rondom Sanherib se inval van Jerusalem. Op literêre vlak is Jesaja 36–39 ‘n belangrike teksblok binne die oorkoepelende literêre struktuur van Proto-Jesaja wat die vervulling van Jesaja se oorspronklike Immanuel-profesie in hoofstukke 7-12 beklemtoon. Die historiese konteks vir die opskrifstelling van Jesaja 36–39 is aan die begin van Manasse se heerskappy. In hierdie tyd was die teologiese opinies in Juda verdeeld oor die interpretasie van Sanherib se inval. Daarom wil Jesaja 36–39 Hiskia voorhou as ‘n getroue en regverdige koning, Jesaja as ‘n ware profeet en Jahwe as die Een ware God. Dit staan teenoor Manasse se beleidsveranderinge wat Hiskia uitbeeld as ‘n dwase koning, Jesaja as ‘n vals profeet en Jahwe as te swak om Juda te beskerm.

Kliek hier om die volledige artikel op HTS te lees

Share this / Deel hierdie: