Pastorale beraad aan diegene wat deur ‘n rouproses gaan, bied nuwe uitdagings aan pastorale sorg. Daar word wegbeweeg van ‘n modernistiese paradigma wat daarop gerig is om die proses af te handel en te fokus op die hantering van die sogenaamde take van rou en die vermyding van smart-patologie. Veel eerder word die proses van rou word met ‘n oop einde gelaat. Resente teorieë oor smart suggereer dat die rouproses nooit ‘n finale punt kan bereik nie. Beraad moet dus eerder ‘n proses behels wat nuwe betekenis genereer rondom die probleemversadigde diskoerse oor dood en verlies. Narratiewe terapie word voorgestel as ‘n wyse van smart-beraad, aangesien dit gebruik maak van verhaal-anologie wat die gedagte van ‘n oop einde tot die rouproses ondersteun. Hierdie studie verken die narratief binne die raamwerk van Praktiese Teologie. Die meesterverhaal van God sowel as die smart-versadigde verhale van mense word gekombineer in ‘n pastorale benadering wat troos voorsien as die unieke uitkoms van die terapeutiese proses. Troos word beskou as een van die sekondêre narratiewe in die groter narratief van God sowel as in die gereformeerde teologiese woordeskat. Daar word voorgestel dat ‘n pastoraal-narratiewe benadering tot smart die nodige troos sal verskaf vir diegene wat in rou gedompel is om hulle op ‘n lewenslange reis te help om die verlies te verwerk.

Kliek hier om die volledige artikel op die webblad van HTS te lees.

Share this / Deel hierdie: