‘n Mens kan woorde nie by een oewer vasanker. Met woorde moet jy die vertes in. Woorde is spane wat soos spiere deur die water beur. Selfs Poseidon is nie opgewasse teen die woordkrag nie. Because language is the creation of time. And time is the eternal present. It is language that expresses the aspiration of being one, complete, as in the beginning.

En ons vier nou die woordvaart van HTS na ’n nuwe bestemming, ’n nuwe land. ’n Virtuele ruimte. Hier reik dit tot die verste lande.

’n Woord van hartlike gelukwensing aan kaptein Andries van Aarde en sy bemanning. Prof van Aarde, dit is ’n uitnemende prestasie. Die Fakulteit Teologie deel in die vaart en wens u en u bemanning ’n opwindende reis toe. Ons weet die brood op die water sal na die Fakulteit toe terugspoel.

Ons wapper vlae van gelukwensing.

Share this / Deel hierdie: