Kan ons aan die verlede raak? Soms voel dit nogal so. Veral wanneer ons ‘n vergeelde foto of ‘n ou stoel sien en dit ons aan ‘n ou wêreld laat terugdink. ‘n Wêreld van mense en dinge wat so helder in ons gees kom leef dat dit voel asof ons daaraan kan raak. Dié soort ervaring kan ons troos, maar dit gebeur nie dikwels nie.

Eintlik raak ons nie aan die geskiedenis nie want die foto of die stoel is nie die geskiedenis nie, maar net iets wat ons aan ‘n ou wêreld herinner het. En hierdie ‘iets’ is nie geskiedenis in sy volheid nie, maar bloot spoortjies wat sê dat daar eenmaal sulke mense geleef het; dowwe kole in ‘n uitgebrande vuur wat sê daar was op ‘n dag so ‘n ou wêreld.

          Die geskiedenis is soos ‘n ver land wat ons nooit meer kan bereik nie. En vir die westerse mens het die geskiedenis die afgelope twee honderd jaar ook ‘n enorme probleem geword. Daar is besef dat die verlede nie so maklik toeganklik was soos wat altyd gedink is nie. Veral sedert die Franse Rewolusie in 1789 het so baie dinge gebreek en is alles so radikaal verander dat ‘n onoorbrugbare kloof tussen hede en verlede ervaar is. Die hede is nie meer as ‘n voortsetting van die verlede ervaar nie. Die kerk, die staat en eeue lange waardes is omvergewerp en die geskiedenis, die verlede kon hulle nie help om hulle weg in die nuwe wêreld te vind nie.

Interessant genoeg het die negentiende eeu toe die eeu van die geskiedenis geword het. Alles is histories verstaan. Alles is deur die meule van die geskiedenis gemaal. Enige iets wat geken moes word, moes histories verstaan word. As iemand byvoorbeeld die demokrasie bestudeer het, moes dié verskynsel se hele geskiedenis vanaf die Grieke tot vandag toe beskryf word; moes die demokrasie se ontstaan, ontwikkeling tot die finale fase beskryf word. Dit het beteken dat alle historiese bronne baie krities ondersoek is om sodoende te bepaal wat historiese betroubaar is en wat sommer net sprokies, mites en onwaarhede was. Objektiewe feite moes verkry word en ‘n objektiewe geskiedenis moes geskryf word. Noukeurigheid en presiesheid is verwag en name, datums, feite moes honderd persent korrek wees.

          Dié soort benadering het die negentiende eeuse Bybelwetenkap ingrypend beïnvloed. ‘n Invloed wat ons tot op hierdie dag nog voel. Vir die Ou Testamentici van die negentiende eeu was dit gewoon logies dat hulle die Pentateug of die Ou Testament se ontstaan en groei tot by die finale teksfase moes aantoon. Dít was hulle taak en daaraan het hulle hulle ook met ywer gewy. Só het die historiese kritiek ontstaan en is die Pentateug met behulp daarvan in bronne of outeurs (soos die Jahwis, die Elohis, Deuteronomium en P) verdeel en is elkeen se eie bydrae bestudeer. 

Alhoewel die histories-kritiese metode die Ou Testament soos nooit vantevore oopgemaak het nie, het dit die historiese afgrond tussen toe en nou net groter gemaak. Of eerder: het die gevoel van die afstand tussen ons en Israel net meer geword.  Soos nooit vantevore nie het die historiese kritiek die leefwêrelde van die Ou Testament oopgemaak en is die aangesig van die teologie vanaf die negentiende radikaal verander, maar ons het nog nie nader aan sêmaar die aartsvaders gekom nie. Ons weet nog steeds nie presies waar Abraham gebore is of wat die detail van sy lewe was nie. Al wat ons het, is die spore (in Genesis 12-36), maar nie die volle teenwoordigheid van die mense wat dit getrap het nie; slegs die kole en nie die rooivuur van ‘n tyd toe Abraham, Isak en Jakob vir mense belangrik was nie.

Die verlede lê dus ver en tog ook nie. Binne-in ons kan dit naderkom. Collingwood het gesê, ‘history is the re-anactment of the past in the mind’. En hier lê die moontlikheid om aan die verlede te raak, te voel. En om dit verduidelik, moet ons die geskiedenis as twee konsentriese sirkels sien wat onafskeidelik van mekaar is. Daar is die buitenste sirkel wat dui op alle inligting of ‘feite’ wat ingesamel is. Dít is egter nog geen geskiedenis nie; dít is nog geen direkte of empiriese kennis van wat presies gebeur het nie. Sulke kennis sal ons in elk geval nooit hê nie. Dit is so belangrik dat ons dit weer kan sê: feite spring nie sommer vanself uit die dokumente of die Bybel nie; onsself soek dit, maak dit, versamel dit en orden dit. En hierdie menslike proses neem ons eintlik nog verder weg van gister en eergister af weg.

          En tog ook nie. In binneste sirkel gebeur iets: ‘the historian must re-enact the past in his own mind’ (Collingwood 282). Dit beteken dat ons voortdurend sal probeer om ons (deur middel van die buitenste sirkel se kennis) in die verlede in te leef, met ons verbeelding in die wêreld van gister en eergister te kom, menslike optrede sal probeer verstaan, destydse denke in ons eie gemoed weer sal bedink, nogtans sal probeer (al is dit hoe onmoontlik) om in die vel van gister en eergister se mense te kom en die wêreld te probeer verstaan soos hulle dit ervaar het.

So gesien, word die geskiedenis ‘n herbelewenis, ‘n herlewing, ‘n meelewing met die verlede. En eers wanneer dit gebeur, kan ons van geskiedenis praat. Datums, feite is nog geen geskiedenis nie. Geskiedenis gebeur eers wanneer alles binne-in ons herbeleef word. Of soos Collingwood gesê het: ‘it is to have (the past) re–enacted in the present. It must become actual in the historian’s re–enactment of it’ (Collingwood:441).

Immanuel Kant help ons nog meer. Volgens hom verskaf die verstand ons begrippe (soos oorsaak en gevolg) om die wêreld (ook die geskiedenis) te verstaan. Op ‘n ‘n bepaalde dag word ons egter so deur die kuns of wat ook al oorweldig dat die verstand net nie begrippe het om dit te beskryf nie en dan word ons deur verwondering oorweldig; dan ontbreek die woorde om ons ervaring te verwoord en staan ons net in loutere verwondering.

En wanneer die gebeur, raak ons op ‘n snaakse manier aan gister en eergister, aan ‘n wêreld wat lankal verby is.  

         

Ankersmit, F R 1988. De Angelsaksische hermeneutiek en de geschiedbeoefening, in De Boer (ed), 121-150.

Ankersmit, F 1990. De Navel van de Geschiedenis. Groningen: Historische Uitgeverij.

Ankersmit, F 1993. De historische ervaring. Groningen: Historische Uitgeverij.

Ankersmit, F 2007. De sublieme historische ervaring. Groningen: Historische Uitgeverij.

Bernstein, R J 1983. Beyond objectivism and relativism. Philadelphia: University of Pennsylvania Press.

Bernstein, R J 1986. Philosophical profiles. Philadelphia: University of Pennsylvania Press.

Collingwood, R G 1994. The idea of history. Oxford: University Press.

De Boer, Th (ed) 1988. Hermeneutiek. Meppel/Amsterdam: Boom.

De Knijff, H W 1980. Sleutel en slot. Kampen:Kok.

Dreyer, P S 1974. Inleiding tot die filosofie van die geskiedenis. Kaapstad:HAUM.

Droysen, J G 1977. Historik. Stuttgart: Fromman-Holzboog.

Eissfeldt, O 1926. The history of Israelite-Jewish religion and Old Testament theology, in Ollenburger, Martens & Hasel 1992, 20-29.

Fries, H & Kretschmar, G 1983. Klassiker der Theologie. München: C H Beck.

Gadamer, H-G, 1976. Seminar: Philosophische Hermeneutik. Frankfurt: Suhrkamp.

Gadamer, H-G 1982. Lectures on philosophical hermeneutics. Pretoria: University of Pretoria.

Gadamer, H-G 1990. Hermeneutik I. Wahrheit und Methode. Tübingen: JCB Mohr.

Gadamer, H-G 1990. Wahrheit und Methode. Tübingen: JCB Mohr.

Gadamer, H-G 1993. Hermeneutik II. Wahrheit und Methode. Tübingen: JCB Mohr.

Graf Reventlow, H 1995. The role of the Old Testament in the German liberal Protestant theology of the nineteenth century, in Graf Reventlow & Farmer, 132-148.

Harris, H 1990. The Tübingen school. Grand Rapids: Baker Book House.

Hayes, J H & Prussner, F C 1985. Old Testament theology. London: SCM.

Hegel, G W F 1956. The philosophy of history. New York: Dover Publications.

Kaiser, F 1994. Friedrich Nietsche und das Judentum, in Mommer & Thiel, 269-281.

Kearney, R 1986. Modern movements in European philosophy. Manchester: Manchester University Press.

Klapwijk, J 1970. Tussen historisme en relativisme. Assen: Van Gorcum & Comp.

Kraus, H-J 1969. Geschichte der historisch-kritischen Erforschung des Alten Testaments. Neukirchen: Neukirchener Verlag.

Lavine, T Z 1989. From Socrates to Sartre. New York: Bantam Books.

Le Roux, J H 1993b. The nature of historical understanding. SHE 19 (1), 35-63.

Le Roux, J H 1994. Historical criticism — the end of the road? OTE 7(4) (Special Edition), 198-202.

Le Roux, J H 1996. Eksegese is ‘n spel. Acta Theologica 1, 41-56.

Mehlhausen, J 1984. Geschichte/Geschichtsschreibung/Gescichtsphilosophie. TRE XII, 643-658.

Mommer, P & Thiel, W 1994. Altes Testament. Forschung und Wirkung. Frankfurt am Main: Peter Lang.

Mouton, J & Pauw, J C 1988. Foundationalism and fundamentalism: A critique, in Mouton, Van Aarde & Vorster, 176-186.

Mouton , J, Van Aarde, A G & Vorster, W S 1988. Paradigms and progress in theology. Pretoria: HSRC.

Pannenberg, W H 1973. Wissenschaftstheorie und Theologie. Frankfurt: Suhrkamp.

Propp, W H, Halpern, B & Freedman, D N 1990. The Hebrew Bible and its interpreters. Winona Lake: Eisenbrauns.

Rogerson, J 1984. Old Testament criticism in the nineteenth century. London: SPCK.

Romm, N 1987. Habermas se wetenskapteorie, in Snyman en Du Plessis 1987, 179-197.

Scholtz, G 1995. The notion of historicism and 19th century theology, in Graf Reventlow & Farmer, 149-167.

Snyman, J J & Du Plessis, P G W 1987. Wetenskapbeelde in die geesteswetenskappe. Pretoria: RGN.

Thiselton, A C 1980. The two horizons. Exeter: Pater Noster.

Thiselton, A C 1980. The two horizons. Exeter:Pater Noster.

Troeltsch, E 1913. Historiography, in Hastings, J Religion and ethics. Edinburgh: T&T Clarke, 716-723.

Troeltsch, E 1922. Ueber historisch und dogmatische Methode in der Theologie. Gesammelte Schriften  II. Tübingen: JCB Mohr, 729-753.

Urmson, J O 1985a. Western philosophy and philosophers. Bergvlei: Century Hutchinson.

Urmson, J O 1985b. Logical positivism, in Urmson 1985a, 167–172.

Vandenbulcke, J 1973. Hans-Georg Gadamer. Een filosofie van het interpreteren. Brugge: Orion.

Van der Dussen, J 1994. Editor’s introduction, Collingwood, ix-xlviii.

Van Niekerk, A 1992. Rasionaliteit en relativisme.

Van Nierop, M 1988. Leven en historiciteit: de hermeneutica van Dilthey, in De Boer (ed), 17-53.

Wachterhauser, B R (red/ed) 1988. Hermeneutics and modern philosophy. New York: State University Press.

Walsh, W H 1967. An introduction to philosophy of history. London: Hutchinson.

Weinsheimer, J C 1985. Gadamer’s hermeneutics. New Haven: Yale University Press.

Weinsheimer, J C 1985. Gadamer’s hermeneutics. New Haven: Yale University Press.

Wellhausen, J 1963. Die Composition des Hexateuchs und der Historischen Bücher des Alten Testaments. Berlin: De Gruyter.

Share this / Deel hierdie: