Die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Zürich het verlede jaar die Sentrum vir die Akademiese Studie van Christelike Spiritualiteit gestig, met Dr. Rebecca Giselbrecht as die eerste direkteur daarvan. Hulle reël nou reeds hulle tweede kongres oor ‘n spiritualiteitstema, dié keer rondom gebed, wysheid en teologie. Die kongres sal gehou word in Kappel, naby Zürich.

 

Referaatvoorstelle word tans ingewag, en kan ingedien word by:
 
Dr. Rebecca Giselbrecht 
Director: Centre for the Academic Study of Christian Spirituality 
University of Zurich, Theological Faculty
Kirchgasse 9
8001 Zürich
Switzerland
rebecca.giselbrecht@theol.uzh.ch

 

Kruis-dissiplinêre aanslagte word verwelkom, asook mense wat die kongres wil bywoon sonder om ‘n referaat te lewer. Navrae hieroor ook aan Dr. Giselbrecht.

Share this / Deel hierdie: