Die akademiese studie van die Bybel bly springlewendig, divers, diepgaande en word – soos dit hoort met enigiets wat belangrik geag word – gekenmerk deur kritiese debat. Dit het weer geblyk by die onlangse jaarlikse vergadering van die EABS: die European Association of Biblical Studies. Bo en behalwe die kleiner spesialisgroepe, soos byvoorbeeld ikonografie van die antieke Nabye Ooste en die implikasies daarvan vir die verstaan van die Bybel, is die hoof-trekpleisters steeds die meer eksegeties-ingestelde bydraes oor die Ou en Nuwe Testament, maar ook rondom aanverwante tekste en periodes. Hierdie word as een van die kleiner kongresse op internasionale Bybelkundefront beskou, maar ook as een van die bestes. Die intense aard van die studieveld blyk al daaruit dat die hoofprogram ‘n volle 44 bladsye beslaan – dit word hier aangeheg: EABS_Programme.

Share this / Deel hierdie: