Dit lyk asof elke geslag moet ly as gevolg van die oortredinge van hulle voorgeslagte. Die pa’s eet groen druiwe, en dan word die kinders se tande stomp. Esegiël roep egter uit: “dit wil ek nooit weer hoor nie!”. As ons maar hierdie profetewoorde met die ore van die ballinge in Babel kon hoor! Want wat Esegiël hier sê, is so nuut en oorspronklik. Vir die eerste keer in Israel se geskiedenis word die volk van Israel nie as ‘n volk aangespreek nie, maar as ‘n versameling van individue. So is Esegiël op sy beurt ook deur God as ‘n individu aangespreek: Mensekind, seun van Adam. “Moet ons boet vir die oortredinge van ons ouers en voorouers?” Esegiël besef waar die vraag vandaan kom, maar verset hom teen hierdie verlammende gedagte. Iedereen in Israel is self verantwoordelik vir dit wat hy/sy doen en word op sy/haar gedrag beoordeel. Natuurlik kan jy ly as gevolg van dit wat jou voorgeslagte gedoen het, maar wie skuil agter die swakhede en oortredinge van ‘n vorige generasie, versuim egter om sy/haar eie lewe te lewe. Wie hom/haarself dus as ‘n slagoffer sien, aanvaar nie self verantwoordelikheid vir sy/haar lewe nie. Esegiël sien die ballingskap, oënskynlik die dood van Israel, as ‘n opdrag tot besinning en lewensvernuwing vir elke Israeliet: “Bekeer jou. Vernuwe jou hart en jou gees”.

Share this / Deel hierdie: