Die jaar word ryp in goue akkerblare

in wingerd wat verbruin … en die eerste blare val

so stilweg in die rook-vaal bos en laan,

dat die takke van die lang populiere al

teen elke ligte môre witter staan.

O, Heer, laat hierdie dae heilig word:

laat alles val wat pronk en sieraad was

of enkel jeug, en ver was van die pyn;

laat ryp word, Heer, laat U wind waai, laat stort

my waan, tot al die hoogheid eindelik vas

en nakend uit my teerder jeug verskyn.

Share this / Deel hierdie: