14 Februarie 2011

 

Skriflesing: Lukas 16:1-13

 

Geagte teologiese studente, kollegas, lede van die hoofbestuur, besoekers, oftewel, broers en susters! Vandag is die eerste dag van ons akademiese aktiwiteite van hierdie jaar. Die jaar 2011 is ook die begin van ‘n nuwe dekade (ons jaartelling begin mos met ‘n een en nie met ‘n nul nie!). Ons fakulteitsopening vanoggend is vir my ook ‘n besondere geleentheid. Nie net omdat dit ‘n nuwe dekade is en ook my eerste formele opening as dekaan is nie, maar veral omdat ons vanoggend ons opening so uniek inklee en hopelik ‘n nuwe tradisie hierdeur gaan vestig. Glorieryke universiteite soos byvoorbeeld Princeton en ook ander, maak van die opening van hulle akademiese jaar ‘n luisterryke geleentheid binne ‘n universiteits­atmosfeer.

 

The year 2011 marks the beginning of a new decade; today we start our formal academic activities for the year. Today is also the first time that I open this special occasion as Dean of the Faculty of Theology. But, more important than anything else, today we also witness the establishment of a tradition which places the opening of the Faculty of Theology within the academic atmosphere of the University of Pretoria. Hopefully this tradition will continue into the future.

Tersiêre opleiding in Suid-Afrika, en ook elders ter wêreld, is tans onder groot druk. Die groter landskap van universiteitswese is besig om drastiese aanpassings te ondergaan. Ook teologiese fakulteite kom hier voor ‘n belangrike uitdaging te staan.

Universiteitsowerhede is egter nie passief hierin nie en wag nie maar om net om te sien wat gaan gebeur nie. Prof Cheryl de la Rey, die Vise-Kanselier en Rektor, het as die twee fokuspunte van die Universiteit van Pretoria vir hierdie jaar akademiese uitnemendheid en inklusiwiteit gestel. Hierdie konsepte is die geïdentifiseerde sleutels van die Universiteit van Pretoria vir hierdie jaar om die uitdagings van turbulente tye op tersiêre onderwysvlak die hoof te bied.

Daar is mense wat oordeel dat ‘n universiteit nie, of nie meer, die aangewese tuiste vir teologiese opleiding is nie. Ons hoor toenemend stemme van kerke, ongelukkig ook van ons eie vennoot-kerke (weliswaar nie-amptelik), dat ‘n seminarie eerder die geskikte model vir die vorming van hulle predikante is. Ek wil nou nie by hierdie geleentheid ‘n fakulteit en ‘n seminarie teen mekaar probeer afspeel nie, maar minstens wys op die verskil van hoe die begrip waarheid by die twee respektiewelike entiteite gehanteer word. By ‘n universiteit word waarheid nagestreef, by ‘n seminarie word geglo waarheid is reeds gevind; ‘n seminarie word deur dogma gerig, ‘n fakulteit weer deur wetenskap. Die effek is dus eintlik voor die hand liggend: by die een gaan dit om ‘n subjektiewe aspek van die werklikheid, by die ander om ‘n objektiewe nastrewing van die geheel. Of om dit in die woorde van ons teksgedeelte te sê: by ‘n fakulteit gebruik ons mammon, maar dan nie ter wille van mammon self nie, maar ter wille van die koninkryk van God! Ons wil die wetenskappe in diens van die koninkryk stel! Dit was presies ook die boodskap wat Voetius met die stigting van die Universiteit van Utrecht in 1634, gelewer het! (Hans van Oort).

Prof Cheryl de la Rey, Vice-Chancellor and Rector of the University of Pretoria, identified academic excellence and inclusiveness as the two key concepts for UP in order to address the challenges of tertiary education in our turbulent times. Theological education is not exempted from these challenges, not in South Africa, neither elsewhere in the world. In this regard, the burning question is: should theology be taught at a university or rather at a seminary? At this occasion I do not wish to argue for the one rather than the other. The main difference is that a seminary considers a subjective aspect of reality whereas a university endeavours an objective pursuit of the whole. Or, in the context of our Scripture: at a faculty we use mammon, not for the sake of mammon, but for the sake of the kingdom of God. As Voetius had said at the establishment of the University of Utrecht in 1634, we wish to put academia to the service of the kingdom.

Nog anders gesê: aan ‘n teologiese fakulteit wil ons nie net dominees oplei nie, maar ook ekonome! Ons teksgedeelte laat juis hierdie twee dimensies mekaar kwalifiseer. Die woord ‘bestuurder’ wat in ons gelese gedeelte voorkom, beteken eintlik ‘huisheer’. Die Grieks is oikonomos en die Latyn is dominus. Hiervan is onderskeidelik die woorde ‘ekonoom’ en ‘dominee’ afgelei. Eintlik sê die twee woorde maar presies dieselfde. Oikos is die Grieks vir huis en domus is die Latyn. Dit gaan in wese dus om die totale huishouding (ekologie!) van God se skepping wat in die lig van die evangelie van die koninkryk van God bestuur moet word. Ons kan dit met een woord saamvat: koninkryksekonomie. Daarom is die Rektor in die kol met haar twee fokusse van inklusiwiteit en kwaliteit, wat ook op ons Fakulteit toegepas kan word.

In the passage that we have read, the Greek word for steward is oikonomos – literally ‘one who manages a household’. The word ‘economy’ is derived from this form. At our Faculty we do not want to train only pastors, but also economists. In essence this means to manage the total household (ecology!) of God’s creation in the light of the gospel of the kingdom of God. In brief it means kingdom economy. Thus, the two focus points of the Rector also apply to our Faculty.

Die gelykenis van die oneerlike bestuurder is gewis een van die moeiliker gedeeltes in die Evangelies om te verstaan. Die Nuwe Testamentikus, Michael Krämer, praat van hierdie gelykenis daarom eerder as die “raaisel” van die oneerlike bestuurder! Ons moet egter nie die raaisel sien as die onverklaarbare nie, maar wel as die onverwagsheid. Die verstaan van die koninkryk van God wat Jesus hier bied is juis die ommekeer van waardes en is die analogie in die gelykenis hier dus nie reglynig van aard nie, maar eerder diafories (Andries van Aarde).

Reading Luke 16:1-13 we are puzzled. No wonder that the New Testament scholar, Michael Krämer, called this parable the riddle of the dishonest steward. A rectilinear reading of the parable does indeed lead to an inexplicable puzzle, whereas a diaphoric analogy (Andries van Aarde) reveals an unexpected reversal of values as Jesus’ understanding of the kingdom of God.

Die groot probleem waarmee die leser van hierdie gedeelte sit, is die klaarblyklike verheerliking van oneerlikheid. Dit vertel van ‘n bestuurder wat skynbaar op oneerlikheid betrap is en gevolglik sy kennis vir oneerlike ontslag kry. Dan gebruik hy vir oulaas sy bestuursposisie om skuldbewyse tot voordeel van die skuldenaars te verminder en om homself hopelik in die proses te bevoordeel. En in plaas van ‘n teregwysing vir hierdie optrede, ontvang hy lof van sy werkgewer. Meer nog, Jesus hou hierdie optrede van die bestuurder voor as navolgenswaardig, en hou boonop die optrede van die bestuurder as voorbeeld voor aan die “kinders van die lig”! Jesus sê, “Maak vir julle vriende deur die onregverdige Mammon”. Ongelooflik!

Ons durf nou nie dink dat oneerlikheid hier as ‘n deug voorgehou word nie. Hoegenaamd nie. Aan die einde van die gelykenis lees ons immers duidelik dat “wie in die kleinste dinge betroubaar is, is ook in die groot dinge betroubaar; en wie in die kleinste dinge oneerlik is, is ook in groot dinge oneerlik ….. As julle dan met ‘n ander mens se goed nie betroubaar is nie, wie sal dan iets aan julle gee om as julle eie te besit?”.

Seemingly dishonesty is lauded. The steward is caught and dismissed for being apparently dishonest. Then he abuses his position for the last time in order to reduce the debt of his master’s debtors, and in the process he benefits himself. Surprisingly, his master does not reprimand him, instead he is lauded. Above all, Jesus portrays this steward as an example of the sons of the light, thereby advising his followers to make friends for themselves among the unrighteous followers of mammon.

Does this passage encourage us to engage in unrighteous dealings? Certainly not. At the end it becomes clear that trustworthiness in all matters is a virtue.

Die sosio-historiese agtergrond van hierdie gelykenis is natuurlik belangrik vir die verstaan daarvan. Dit het destyds vry algemeen gebeur dat ‘n invloedryke persoon iemand anders aanstel om na sy belange om te sien. Hierdie sogenaamde bestuurder, of huisheer, soos ons hom genoem het, het o.a. sy werkgewer se geld uitgeleen en teen rente dan ingevorder. Nou weet ons ook dat alhoewel die Wet van Moses die hef van rente verbied het (Eks 22:25, Lev 25:35, Deut 15:7 en 23:19), dit tog vrywel algemeen gebeur het. Allerlei spitsvondige praktyke is boonop ontwikkel om die Wet te systap. So kan jy byvoorbeeld iemand anders aanstel om jou vuilwerk te doen en is jy dan kwansuis onskuldig; of die persoon moet maar self woeker om sy vergoeding te kry en daarom is die rente gehef, kastig sonder medewete van die werkgewer; of die rente is in terme van gebruikersgoedere betaal en dus nie aantoonbaar nie. Die klassieke uitleg van hierdie gelykenis is dan ook dat die bestuurder eintlik glad nie oneerlik was toe hy die skuldbriewe laat verminder het nie. Hy het in der waarheid net die rente afgetrek wat aanvanklik ongeoorloof bygetel was. Of dalk het hy net maar sy eie kommissie prysgegee en het sy werkgewer dus geen verlies gely nie.

The socio-historical background is important for understanding this parable. Quite often influential people – like the rich man – appointed a steward to manage his affairs. Although the Mosaic Law prohibited the practice of charging interest in the event of moneylending (Ex 22:25; Lev 35:35; Deut 15:7; 23:19), this happened more often than not, with clever ways of sidestepping the matter. The classical exegesis of this parable is that the steward only returned the unlawful interest that he had levied from his employer’s clients.

Soos wat ons na die sosio-historiese agtergrond gekyk het, moet ons ook na die groter konteks van die gelese gedeelte kyk. Drie gelykenisse word hier naasmekaar geplaas. Ons perikoop is soos ‘n toebroodjie-smeersel in die middel. Dit word voorafgegaan deur die bekende gelykenis van die verlore seun wat sy erfporsie te gelde gemaak het en vriende in ‘n vér land gaan trakteer het. Die gelykenis van die oneerlike bestuurder waaroor ons prediking handel, word weer direk opgevolg deur die gelykenis van die ryk man en Lasarus waar die man met sy baie geld geensins na die arme en eensame bedelaar wou omsien nie. In die eerste geval het ons te doen met iemand wat sy geld op plesier uitmors en in die laaste geval het ons weer te doen met iemand wat verknog aan sy geld vashou. Opmerklik is dat albei persone eventueel eensaam en uitsigloos is. Meer opmerklik is egter die ommekeer van rolle: die verlore seun was weg en is gevind, was dood en lewe weer. ‘n Wipplank is ook meedoënloos. Nie net is die wat onder was, nou bo nie, maar is ook die wat bo was, onder: die voorbeeldige oudste seun van die eerste gelykenis dans nie mee by die fees nie en bly buite staan; en Abraham meen dat geen salf aan die ryk man te smeer is nie, al sou iemand uit die dood opstaan om hom te gaan probeer oortuig. En daarom, sê John Kloppenborg oor hierdie gelykenis van die oneerlike bestuurder, is dit die werkgewer, en nie die bestuurder nie, wat negatief uitgebeeld word.

The position of the parable within the gospel of Luke, also provides a useful clue to understand it better. Our pericope is ‘sandwiched’ between two other parables. It is preceded by the parable of the lost son, and followed by the parable of the rich man and Lazarus. Both pertain to money. The son squanders everything and the rich man is extremely stingy. Furthermore, both parables end with a complete and surprising reversal in roles. The lost son has been found, the eldest sulks; the rich man faces torment in hell, Lazarus rests in Abraham’s bosom. Therefore, says John Kloppenborg about the parable of the dishonest steward, the employer, not the steward is portrayed in a negative way.

In watter rigting moet ons nou die oplossing vir die verstaan van ons gelykenis soek? Ons weet vandag enersyds dat ‘n gelykenis ‘n bepaalde boodskap het wat sin aan jou werklikheid kan gee en andersyds dat dit ‘n verhaal is wat die koninkryk van God belig en ons daarvan deel wil maak, juis deur ons geykte waardes om te dop. Ek vind die rigtingaanwyser in die gelese gelykenis in vers 9: “Gebruik die oneerlike mammon om vir julle vriende te maak sodat wanneer die geld nie meer kan help nie, hulle julle in die ewige wonings sal ontvang”.

Die drie sleutelwoorde wat ons hier aantref is geld, vriende en ewige wonings. Dit is duidelik dat die gelykenis se bestuurder hierdie drie begrippe nie in ‘n oorsaaklike sin aanmekaar wil koppel nie, asof geld nou vriende koop en dit weer die waarborg van die toekoms kan gee. Die twee gelykenisse weerskante verhoed so ‘n uitleg. Daar het ons immers die futiliteit van geld gesien. Amper, asof gelei deur ‘n oerintuïsie, besef hierdie bestuurder dat sy waardes verkeerd was. Geld kan nie ‘n doel in sigself wees nie. Tot dusver kon hy harteloos hiet en gebied en uitbuit, maar nou besef hy meteens dat sy kliënte ménse is en hulle waarde nie daarin lê dat hulle ‘n bron van inkomste is nie, maar dat hulle medemense is! So beweeg hy weg van die verdingliking (reïfikasie) van die wêreld na die verpersoonliking van die skepping. So ‘n beweging skep toekoms. Die Lukas-evangelie gebruik die Griekse woord, diaskorpizo, slegs 2 keer. Die een geval is dit die verlore seun wat sy geld ‘vermors’ het (Luk 15:13) en die ander geval is dit die oneerlike bestuurder wat dit met sy werkgewer se geld gedoen het (Luk 16:1). En hierdeur wil Lukas vir ons sê dat – soos die geval met die verlore seun – die oneerlike bestuurder se waardes ook omgedop is en hy die werklike lewe gevind het. Hy het geld verloor, maar vriende gewen. Hy het tuis gekom en sodoende ‘n oikos of domus gevind.

Where do we find a solution to our parable?  Parables are known to contain a message which gives meaning to reality, but also to illuminate something about the kingdom of God by turning our stereotyped values upside down. I find a clue in Luke 16:9: I tell you, make for yourselves friends by means of the unrighteous mammon, so that when you fail, they may receive you into the eternal tents. The key words in this passage are money, friends, and eternal tents. The two flanking parables make it clear that these concepts cannot be related to one another in a causal nexus as though money buys friends. What happens in this parable is that the steward somehow comes to realise that the debtors are not simply a means of monetary income, but that they are fellow human beings. In other words, he realises that his values were corrupted. He moves away from worldly objectives to a personification of creation. This move creates a future. The gospel of Luke uses the Greek word diaskorpizo – to waste – only twice:  the lost son and the dishonest steward (Luke 15:13 and 16:1). In both the cases their values are overturned: they lost money but found friends, found what life is all about.  They came home.

Ek wil terugkom na die Rektor se twee fokusse van akademiese uitnemendheid en inklusiwiteit. Hierdie Fakulteit is ‘n woning met baie kamers. Ons is trots op elkeen van ons vennote en opgewonde oor die twee nuwe vennote wat eersdaags ook aan boord gaan kom. In die Fakulteit transendeer ons eksklusivisme en oordink die hele skepping in ons poging om net maar iets van die hoogte en diepte en wydte van die rykdom van God te wete te kom. Maar daarvoor het ons mekaar nodig, ook ander wetenskappe, om op ‘n verantwoordelike wyse te kan praat en te kan bid. Ek wil graag sien dat ons studente heel mense is, want dit is wat heil beteken. Alleen so is ons ménslike mense. Maar dan, en dit is waarom die evangelie so gevaarlik is, moet ons eers sterwe. Sterf aan onsself, sterf aan die wêreld, sterf aan vaste tempels wat met stene en granietbeginsels gebou is….

I want to return to the focus of the Vice-Chancellor on academic excellence and inclusiveness. This Faculty is a house with many mansions. We are proud of every one of our partners. We transcend exclusivism even more when we shall welcome the two new ones who are to join us soon. We reflect on the whole of creation in order to understand something of the height, depth and width of God’s riches. Therefore we need one another, also other scholarly disciplines. I wish to see that our students are healed people, because this is what shalom means. The demand of the gospel for true humanity is dangerous: we have to die from ourselves.

Broer en suster, ek hou graag die sin van die geheelprentjie aan u voor. Die wêreld en die se waardes, die wetenskap en die se fenomenale resultate, is nooit ‘n doel in sigself nie, maar instrumente om by Gód uit te kom. “Gebruik die oneerlike mammon om vir julle vriende te maak sodat wanneer die geld nie meer kan help nie, hulle julle in die ewige wonings sal ontvang.”

Dit plaas ons op weg. Die letterlike vertaling van ewige ‘wonings’ is eintlik ewige ‘tente’. Dit is soos die destydse tabernakel wat op en af geslaan moes word omdat die volk van God vir veertig jaar in die woestyn op reis was. En dit bied ons die eintlike oikos of domus. Dit is ‘n woning wat nie deur mense gemaak is nie, maar deur God, en dit bly ewig staan (2 Kor 5:1).

Brother and sister, take a look at the quality of the whole picture. The values of the world, scholarship and its phenomenal results are not goals in themselves, but instruments for reaching God. I tell you, make for yourselves friends by means of unrighteous mammon, so that when you fail, they may receive you into the eternal tents. The real habitation – the oikos – is a habitation which is not made by humans, but by God and which stands forever (2 Cor 5:1).  Dear students, we wish to make you economists as well as pastors. Or: kingdom economists. And dear colleagues, thank you for a coherent understanding of reality which you will demonstrate responsibly both by word and by deed to our students.

Liewe studente, ons wil van julle sowel ekonome as dominees maak. Oftewel: koninkryksekonome! En liewe kollegas, dankie vir ‘n koherente werklikheidsverstaan wat verantwoordelik met woord en daad aan ons studente gedemonstreer gaan word! In so ‘n oikos of domus, sal ons almal tuis kan wees.

AMEN

Share this / Deel hierdie: