‘Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so?

Vertrou op God!

Ja, ek sal weer vir Hom ‘n loflied sing.

Hy is my helper en my God! (Ps 42:6)

Hoe leef mens na ‘n groot stryd gestry is? Is jy bly oor die stryd verby is of wag jy vir die volgende stryd om aan te breek? Dalk is ons so gewoond om te baklei, te bekommer, te oorleef, dat ons amper nie weet wat om te doen as dit vir eers (?) nie meer nodig is nie.

In sielkunde en ook pastoraat en teologie word hierdie toestand beskryf as ‘eksistensiële angs’, oftewel, existential anxiety. Dit is nie net ‘n toestand waarin mens verkeer na ‘n groot stryd nie, eintlik is dit algemeen aan die menslike toestand, the human condition.

Die handboek definieer ‘Existential anxiety’ as ‘a negative feeling arising from the experience of human freedom and responsibility’. The archetypal example is the experience one has when standing on a cliff where one not only fears falling off it, but also dreads the possibility of throwing oneself off’. It is about the inherent insecurity about the consequences of ones actions and also that one realises that one is fully responsible for these actions’.

Dit gaan dus daaroor hoe ons lewe in die aangesig van al die baie keuses wat ons het om te maak, die vryheid om daardie keuses te maak en wat die verskillende keuses kan beteken. Want ons het keuses oor hoe om die lewe aan te pak, die toekoms aan te pak. Daar is baie tye in mens se lewe waar jy staan en vorentoe kyk en tegelyk agtertoe kyk, veral ook aan die begin van ‘n nuwe jaar of ‘n nuwe tydperk in jou lewe.

Hoe leef jy na die oorlog gewen is? ‘n Stryd gestry is? Die kanker oorwin is? Hoe leef jy te midde van existential anxiety? Daar is verskillende moontlikhede:

  1. Soos ‘n luiperd, stadig en geluidloos, altyd gereed om te spring en aan te val, ‘n volgende prooi beet te kry – want dit is die lewe, dit is oorlewing?
  2. Of soos ‘n kat, hoog in die boom, wat weier om af te kom, alles van daar bo af bekyk en besluit dit is veiliger daarbo?
  3. Of dalk eerder iets van die lewensfilosofie van die bekende karakters Winnie the Pooh en Piglet. Aan die begin van hulle dag het hulle elkeen ‘n ander vraag: Pooh se vraag is: ‘What’s for breakfast today’? Piglet se vraag is: ‘I wonder what’s going to happen exciting today?’
  4. Of Frodo Baggins, na die vreeslike pad wat hy moes aanpak om die bose ring in die vuur te gooi in Lord of the Rings: ‘How do you pick up the threads of an old life? How do you go on, when in your heart you begin to understand, there is no going back. There are some things that time cannot mend’.

Die luiperd is die hele tyd gereed om aan te val.

Die kat is veilig weg van die grond se dinge (al wil die kat dalk self later afkom, het dit nie die dapperheid om daai sprong te maak nie)

Winnie the Pooh wil net vaste sekerhede he.

Piglet wil net oomblikke van opgewondheid beleef.

Frodo het net ‘n vraag: Hoe om te leef ná ‘n groot stryd gestry is, ‘n oorlog gewen is, ‘n kanker oorwin is, boosheid verslaan is. Dit is ook ons vraag.

‘Waarom is ek in so ‘n vertwyfeling, en waarom kerm ek so’? , vra die psalmdigter.

In die Bybelwetenskap word Psalm 42 en 43 as een psalm beskou. Die uitroep begin in Psalm 42. Dit is ‘n kreet, ‘n uitroep van iemand wat erg geteister word en in vertwyfeling verkeer. Wat presies die situasie is, is nie duidelik nie, maar dit is iets wat maak dat die ongelowiges sonder ophou, vir die persoon vra: ‘So waar is jou God nou?’ Die gespot is vir hom net so erg as die probleem wat veroorsaak dat hy tot God uitroep. Dit is vir hom soos ‘n messteek elke keer as hy dit moet hoor. Die psalmdigter wéét dat God daar is. Hy weet dat God anders is as wat die spotters vermoed. Maar hoekom wag God dan?

Tog word die digter nie moedeloos nie. Hoewel hy God smeek om tog nie God aan hom te onttrek nie, om vir die psalmdigter, die een wat hier bid, tog net nie te vergeet nie, bely hy sy geloof teenoor homself, moedig hy homself aan om as ‘t ware aan te hou glo. Die psalmdigter koester nie wraak nie. Hy verlang na God, die God wat hy met sy lewe vertrou. Dit is nie asof sy vorige geloof en godsdienstige aksies in die aangesig van sy huidige probleme sinloos word nie. Hy dink terug aan al daardie dinge. Wat hy hier wys is ‘n goefende geloof, ‘n gelouterde geloof, want selfs onder hierdie omstandighede bly die psalmdigter na God vra.

Die uitroep wat regdeur psalm 42 en 43 strek, word telkens onderbreek met dieselfde vraag na God en die belydenis oor God.

In psalm 43 vra die digter egter ook vir lig en waarheid, sodat hy by die gemeenskap van God, die tempel van God, die kerk van God, kan uitkom, want hy weet vir seker daar sal hy vasgehou word, nadergetrek word en bemoedig word. Dat hy na ‘n lang moeilike pad krag sal kry om op die pad voort te gaan.

Verskillende berymings (die psalms in wat in liedere omskep is), beeld dit treffend uit. As kind in die Afrikaanse kerk het ek met die digter Totius se berymings van die psalms grootgeword. Later het ek met Lina Spies s’n ook bekend geword. Beide digters het psalm 42 en 43 saam in liedere omskep sodat dit ‘n eenheid vorm.

Die eerste vers hier is Totius se eerste vers van Psalm 42. Die laaste twee is die laaste twee verse van Lina Spies se Psalm 43 beryming. Hierdie kombinasie hier beeld die reis en vrae en hoop en belydenis van die digter treffend uit:

Soos ‘n hert in dorre streke,

skreeund dors na die genot,

van die helder waterbeker,

skreeu my siel na U, o God,

Ja, my siel dors na die Heer, na die lewensbron,

wanneer, sal ek na swerftog en benouing?

God weer sien in klare aanskouing.

 

Maak my weer tot ‘n bevryde

Wat na Sion op kan gaan.

Stuur u lig en waarheid beide

Om vir my die weg te baan.

T’rug in u teenwoordigheid

Raak ek angs en wanhoop kwyt

Jubel weer my lier se snare

Sing ek bly by u altare

 

Ek leef in donker tye

En moet in die duister tas:

Hoe verbreek ek weer my swye?

God, my God, ek gryp U vas!

En ek laat my lied weer klink

As ek aan u goedheid dink.

U is nog my helper, Vader,

En ek weet U trek my nader.

 

Aan die einde van ‘n stryd en aan die begin van wat ookal ons nou nog nie kan sien nie, tas ons in die duister rond. Hoe verbreek ons, ons swye? Keer dat ons vries, of êrens vashaak? God, my God, ek gryp U vas! En so word voortgang moontlik. Dan word ‘n nuwe verhaal moontlik. Of ‘n ander verhaal.

Frodo van Lord of the Rings se laaste opmerking is: ‘There are some things that time cannot mend. There are hurts that go too deep.’ Ek dink hy is reg en verkeerd. ‘n Nuwe verhaal beteken nie mens kan vergeet, of ontken, die dinge wat gebeur het nie. Dit is ‘n fout wat baie in die geskiedenis gemaak het – mens kan nie die verlede uitwis nie, al probeer jy elke monument, elke straatnaam en elke mens wat met die verlede te doen het, uit te wis. Die psalmdigter doen dit ook nie.

Die verlede gaan sit. Dit is wat dit is. Tyd maak nie wonde gesond nie. Ek het geleer dat tyd vir mens help om met die wonde saam te leef. Dit is die geskenk van God. En dit maak ‘n nuwe verhaal moontlik. Dit maak dat ons ‘weer’ saam met die psalmdigter, ‘n loflied vir God kan sing. Weer, asof vir die eerste keer. Want dit is ‘n ‘ander’ lied, anders as die ander, omdat elkeen van ons anders is en die lewe ons verander het en rondom ons die hele tyd verander. Nog ‘n lied. Steeds ‘n lied. ‘n Oop toekoms. ‘n Volgende poging. Met al die lesse en die ‘skills’ en die herinneringe (memories) en die wonde. Dus, ‘n ander verhaal.

Een waarin ons nie die hele tyd sit en wag vir die volgende vreeslike ding om te gebeur nie. Een waarin ons nie die hele tyd vir die aanval (en verdediging) gereed sit nie. Een waarin ons nie net ‘oorleef’ nie. Of ons lewe met sekerhede wil beveilig nie. Een wat nie net uit ‘the next big thing’ bestaan nie’. Een waarin ons wel uit die boom uit afkom, al is ons eintlik nog bietjie skrikkerig. Die teoloog Paul Tillich het dit ‘the courage to be’ genoem. Ons weet dit is bietjie benouderig daar op die grond, maar ons weet dat om die hele tyd in die boom te bly sit, net ‘n halwe lewe is. So ons gaan af. Nie omdat ons nie meer existential anxiety het nie. Maar omdat ons in die aangesig daarvan ‘n vol lewe wil lei.

In die reeks Blue Bloods, wat oor die polisie in New York City handel, sê die hoof van die polisie vir sy mense (na nog ‘n ramp daar – of eerder in die aangesigte van alles wat hulle daagliks moet sien) – ‘There’s a quote: do what you love and you will never work a day in your life. That seldom applies to what we deal with around here. That makes it so much more important to seize the moments’.

So, inderdaad. Carpe Diem. Seize the day. Laat ons vier wanneer ons moet vier. Laat ons rou wanneer ons moet rou. Laat ons kerm en kla wanneer dit nodig is. Maar laat ons altyd weer die loflied sing. Want God is die rots wat bly staan terwyl die woeste golwe bly slaan. Tyd het dit oor en oor bewys.

Amen.

Share this / Deel hierdie: