Agtergrond
MM was ‘n besondere welgestelde vrou wat ‘n paar maande voor haar negentigste verjaarsdag oorlede is. Sy het haar man sowat dertig jaar gelede verloor, en hy het haar uiters goed nagelaat. Haar een seun het haar finansies sedertdien bestuur. Sy het geen kommer in die wêreld gehad nie, want in haar kleinste behoeftes in ruimskoots voorsien. Ek ken die familie en vriende baie goed en daarom is ek gevra om die diens te lei. Die gehoor was egter kompleks: Afrikaans-sprekende mense vanuit al drie susterskerke; Engelse, hoofsaaklik Metodiste en Anglikane en ‘n hele paar van hulle kan geen woord Afrikaans verstaan nie; daar was ook ‘n groepie Jode; en ‘n ateïs of twee.

Votum
U laat die mens sterwe
U sê net: Word weer stof!
U maak ‘n einde aan die mens
Sy gaan die doodslaap in
(Ps 90:3, 5)

Seëngroet
Ons begin hierdie diens, sit dit voort en voltooi dit in die naam van die Vader, en die Seun, en die Heilige Gees.

 Gebed
Kom ons bid saam:
Here, ons is vandag hier – saam as vriende en familie om ‘n laaste huldeblyk te bring aan M.
Ons is hartseer oor haar afsterwe, oor die verlies aan ‘n moeder, ‘n suster, ‘n vriendin.
In besonder wil ons K, L, en F aan U opdra.
Mag hulle getroos en versterk word, veral gedurende die komende feestyd waar M se afwesigheid intens gevoel gaan word.
Maar Here, ons het almal troos nodig.
M se afsterwe herinner ons aan ons eie broosheid, aan ons eindigheid.
Soos gras is die mens wat in die môre afgesny word,
in die môre is dit nog groen,
maar dit word afgesny,
en teen die aand is dit verlep
en dit word droog.
Here, help ons om met die hierdie wete, steeds sinvol te bly lewe.
Amen

Skriflesing
A short while ago I had a conversation with L and F about this memorial sevice dedicated to their mother, and I asked them if they can single out a biblical passage that M was particularly fond of. And both agreed on Psalm 91. Therefore, our Scripture reading is from Psalm 91. The reading will be in Afrikaans, but you can follow the English on the leaflet inside the programme.

Psalm 91 [Ou Vertaling]
Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.
Ek sal tot die Here sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou.
Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes.
Hy sal jou dek met sy vlerke, onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is ‘n skild en ‘n pantser.
Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie,
vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie!
Al val daar duisend aan jou sy en tienduisend aan jou regterhand – na jou sal dit nie aankom nie.
Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien.
Want U, Here, is my toevlug.
Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak.
Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie;
Want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.
Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen gee klip stamp nie.
Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap.
Omdat hy my liefhet, spreek God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy My Naam ken. Hy sal my aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees;
Ek sal hom uitred en eer aan hom gee.
Met lengte van dae sal ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien.

Prediking
It always comes as shock when someone in one’s close circle of family and friends passes away, no matter at what age. And after the initial shock, memories start floating back.
How do I remember her? What was she like? What was unique about her? What incidents do I recall?   What do I laugh about – and what makes me cry? Now, how do I remember M?
I remember her as someone who lived in style and comfort, someone who was able to enjoy the good things in life. And this is also the mood reflected by Psalm 91: a mood of the utmost contention, of someone who has nothing to worry about – thus, a fitting psalm for the memorial service of M.
However, Psalm 91 should be read in conjuntion with the preceeding Psalm – Psalm 90. This Psalm bears the superscript – A prayer of Moses, the man of God. Hereby the person of Moses is accentuated and themes of the Exodus, Sinai and the Wilderness are evoked. In other words, Psalm 90 makes one think of a journey. Firstly of course, the journey of the Israelites through the desert, but secondly, this journey becomes a metaphor of each and everyone’s individual journey through life.
In Psalm 90 worstel die digter intens met die eindigheid en die broosheid van die mens. Op sy lewensreis ervaar hy moeilike tye – voortdurend word hy gekonfronteer met die grense van menswees, en moet hy stoot teen hierdie grense. Ons wat hier sit, ons wat nog op reis is, kan almal in ‘n meerdere of mindere mate met hom identifiseer. Die lewe is nie maklik nie. Ek wil dit selfs waag om te sê, niemand van ons wat hier sit, het nog nooit een of ander krisis in sy of haar lewe ervaar nie.
Miskien was daar tye van vrae en twyfel. Miskien was daar tye wat die lewe doodeenvoudig nie sin gemaak het nie. Tye waarin ons gebid het dat die Here uitkoms moet gee, maar al wat ons gehoor het, was God se swye. Meer as eenkeer wou ons saam met die Psalmdigter uitroep: ‘Hoe lank nog Here, voordat U ons tot hulp kom?’ Ons grootste wens het dalk nog nie waar geword nie – en gaan dalk ook nie. Laat ons nie vergeet nie, Moses self het nooit die Beloofde Land ingegaan nie. Psalm 90 – die gebed in sy naam – smeek om die liefde van God op ‘n lewensreis waar daar dikwels meer vrae as antwoorde is.
Psalm 90 grapples with the frailty and finiteness of human existence. The psalmist is intensely aware of the fact that life is difficult, and full of perils. And this reminds us of our own journey – because we, who are present here today, we are still on our journey through life. We know times of crises. We know times of doubt. We know times when life simply did not make sense at all. Perhaps we also prayed in a desperate situation that the Lord may provide relief, only to hear his silence. Our greatest wishes never came true – and perhaps never will.  Let us not forget – Moses himself never entered the Promised Land. Psalm 90 – the prayer in his name – pleads for the love of God on a journey through life where there are aften more questions than answers.
Psalm 91 is an answer to this prayer: within our frail existence, on the rocky road of our journey through life, there is hope. Psalm 91 speaks of the protection and the care of the Lord, for the one who trusts Him.
MM had reached the end of her journey through life – an exceptionally long one. Psalm 90:10 reads: ‘The days of our lives are seventy years; and by reason of strength they are eighty years’. Let us remember, she would have celebrated her 90th birthday somewhat later this year. Of her early years I do not know much, but for the most part of her life, M was well taken care of. In a sense thus, she lived the life of Psalm 91 – the answer of the prayer. And we may find some consolation: Martie had a rich life and she enjoyed most of it. She was sheltered and protected from most dangers.
As gelowige mens, het M sekerlik ook soos die Psalmdigter van Psalm 91 haar vertroue op die Here gestel – waarom anders sou hierdie psalm dan vir haar so ‘n besondere betekenis inhou? Maar, laat ons nooit vergeet nie, die Here maak ook gebruik van mense. En op Martie se lewensreis was daar mense wat daartoe bygedra het om haar gevoel van sekuriteit en geborgenheid te verhoog.
We believe that M put her trust in the Lord to protect her on her journey through life. However, alongside her were people who also played a role. With both sons living elsewhere, her friends were always there – many of you are here today (recall some incidents). But she is now away, and we remain. We still have to complete our journey through life. And it’s not going to become easier. Doubt, sorrow and senselessness are part of this journey. What about us?
In the light of Martie’s life, we can say, our task is now to live life to its fullest. To make sense where there is none. More than that: to help and to encourage one another where the road becomes rocky. To travel alongside one another until someone’s journey come to an end.
M is weg, ons bly agter. Ons het nog ‘n stukkie lewensreis oor – hoe moet ons nou voortleef? Want die twyfel, die sorge en die sinloosheid gaan nie eensklaps verdwyn nie. Wat van ons? In die lig van M se lewe kan ons nou sê, ons taak is om dié lewe wat ons hét te omhels. Om voluit te lewe, en as daar nie sin te vinde is nie, om sin daaraan te gee. Maar meer as dit: om mekaar te help en te ondersteun waar die pad moeilik word. Om vir mekaar mede-reisgenote te wees, totdat iemand se pad tot ‘n einde gekom het. Of, in terme van Psalm 91: Om te lewe uit God se liefde en beskerming, maar dit ook vir mekaar sigbaar en voelbaar te maak – terwyl ons kan.
Ons sal M onthou as iemand wat stylvol geleef en stylvol gesterf het. Ja, ons is hartseer omdat ons ‘n moeder, ‘n suster en ‘n vriendin verloor het, maar ons troos lê in die besondere ryk lewe wat sy ontvang het. Terwyl ons dus hartseer is oor haar dood, kan ons ook haar lewe vier.
Let us now celebrate M’s life. Let us embrace our own lives while we are alive, and help one another to do the same. In terms of Psalm 91: Let us live by the love and protection of God, and touch the lives of others with love and care, whilst we can.
Let us pray.

Gebed
Laat ons bid.
Here, MM se plek is vir altyd leeg.
Ons betreur die verlies, want sy het elkeen van ons op ‘n besondere wyse geraak.
MM sal in ons herinneringe voortleef.
Ons sal haar altyd onthou as ‘n elegante en stylvolle vrou.
Iemand wat tot op die einde die goeie dinge van die lewe kon waardeer.
Dankie Here, dat ons uit M se lewe kon leer dat die lewe self kosbaar is.
Help ons, wat agterbly, om dié lewe te omhels wat U ons gegee het.
Laat ons ook mekaar omhels, sodat ons mekaar kan help om te lewe.
Nou Here, terwyl ons hartseer is oor M se dood, wil ons ook vir U dankie sê vir haar lewe.
Dankie Here, dat ons haar lewe mag vier.
Amen

Seëngroet
May the Lord bless you and keep you;
May the Lord make his face shine upon you,
And be gracious to you;
May the Lord lift up his countenance upon you
And give you peace.

 Mag die Here julle seën en julle beskerm
Mag die Here tot julle redding verskyn
En julle beskerm
Mag die Here julle gebede verhoor
En aan julle vrede gee
Amen

Share this / Deel hierdie: